11 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 11-04-2024 só ingevul:
Ons moet met hierdie hyser ........ ; die ander een gaan op.
afgaan
af gan
afgan
af gaan
ʼn Samestelling ("afgaan") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("af" en "gaan") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
My man het in die vroeë ........ as hysertegnikus gewerk.
80's
80-s
80s
Meervoude of verkleiningsvorme van letters, syfers of woorde wat as letters uitgespreek word (byvoorbeeld akronieme), kry afkappingstekens.
Sien ook die bladsy Afkappingsteken.
Ek het griep gehad, maar ek voel nou weer ........ .
perd fris perdfris
perdvris
perd vris
Intensiewe vorme is byvoeglike naamwoorde wat ʼn versterkende betekenis aan die stam gee en word vas geskryf ("perdfris") behalwe "wawyd oop". Kyk ook: https://af.wikipedia.org/wiki/Intensiewe.
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.
........ groei goed in woestynagtige dele van die land.
vet plante Vetplante
Vet plante
vetplante
Die eerste woord van ʼn sin begin met ʼn hoofletter.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)