3192 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 12-04-2024 (vlak 1)



vorige toets 12 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 12-04-2024 só ingevul:



Die woord "party" in die volgende sinne is 'n ........ .
Party mense vind dit moeilik om met ander saam te werk.
'n Nuwe politieke party is onlangs gestig.


5 % (afgerond)antifoon
7 % (afgerond)sinoniem
75 % (afgerond)homoniem 
12 % (afgerond)homofoon

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “party” (‘sommige’) en “party” (‘politieke groep’).
Sien ook die bladsy Homonieme.




Daar is nog ses ........ oor voor die eksamen.


3 % (afgerond)lessens
2 % (afgerond)lese
95 % (afgerond)lesse 
leste

Naamwoorde wat op “b”, “d”, “f”, “g”, “k”, “p”, “s” en “t” eindig, kry ʼn “-e” in die meervoudsvorm (AWS 13.1). Die "s" word verdubbel om die eerste "e" kort te hou.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.




In die kamp in die wildtuin kon ons snags die leeus hoor ........ .


98 % (afgerond)brul 
1 % (afgerond)balk
1 % (afgerond)blaf
1 % (afgerond)brom

Leeus brul, bere brom, honde blaf en donkies balk.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.




Die kindjie is nie meer 'n baba nie, sy is nou 'n peuter.
Wat is die woordsoort van "peuter" in bostaande sin?


4 % (afgerond)werkwoord
13 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
80 % (afgerond)selfstandige naamwoord 
3 % (afgerond)bywoord

’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “peuter - die peuter – peuters”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




TOTAALRESULTAAT:
87% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties