11 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 11-04-2024 só ingevul:
Rusland is die land met die grootste ........ ter wêreld.
oppervlakte
opervlakte
oppervlak
oppervlak of oppervlakte
Die woorde "oppervlak" en "oppervlakte" is eintlik nie sinoniem nie, maar in die praktyk word hulle maar baie oorvleuelend gebruik. "Oppervlak" verwys na die boonste vlak; die oppervlak van iets kan dus grof of glad of vuil of onstuimig of blink of sag of so iets wees. Daarenteen is "oppervlakte" ’n grootte wat aangedui kan word deur ’n maatwoord, soos vierkante meter of morg of hektaar. Dus: Die oppervlak van die dam is vanoggend so glad soos ’n spieël, maar Die oppervlakte van die dam is ongeveer 10 vierkante kilometer.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Die ........ lê in die son.
seekoeibul en seekoeikoei
seekoeimannetjie en seekoeiwyfie
seebul en seekoei
seekoeibul en seekoei
Die manlik en vroulik vir "seekoei" (soos met 'n bees) is onderskeidelik "bul" en "koei", net soos by "olifantbul" en "olifantkoei".
Sien ook die bladsy Manlik/vroulik.
Bekende ........ van oor die wêreld heen sak vandeesweek op Kaapstad toe vir die Cape Epic-fietstoer.
fietsryers
fietsers
Fietsers
Fietsryers
ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld “gholfspeler”, “kommunis”, “protestant”, “tikster” en "fietsryer". Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.
Die vuurwerkvertoning was ʼn pragtige skouspel. Wat is die woordsoort van "skouspel" in bostaande sin?
'n Selfstandige naamwoord verwys na 'n persoon, plek, saak, eienskap of gebeurtenis. 'n Mens kan dit uitken deurdat 'n mens 'n lidwoord ('n of die) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het, byvoorbeeld “skouspel - die skouspel – skouspele”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)