2229 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 25-07-2025 (vlak 1)



vorige toets 25 JUL Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 25-07-2025 só ingevul:



Daar is vier seisoene in ’n jaar. ’n Sinoniem vir "seisoen" is ........ .
2 % (afgerond)jarenstyd
10 % (afgerond)jaartyd
88 % (afgerond)jaargety 

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het, byvoorbeeld "seisoen" en "jaargety".
Sien ook die bladsy Sinonieme.



Hierdie afdeling bestaan uit ........ vir volwassenes.
97 % (afgerond)lektuur 
lektier
lekktier
2 % (afgerond)lekktuur

As gevolg van ontronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik "lektier" in plaas van die korrekte "lektuur".
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.



As jy nie jou taak betyds indien nie, gaan jy ........ opsê.
2 % (afgerond)skoolwerk
85 % (afgerond)les 
6 % (afgerond)gedig
7 % (afgerond)huiswerk

Die uitdrukking "les opsê", beteken 'dit moeilik kry'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die regering het 'n noodtoestand afgekondig.
Die woordsoort van "afgekondig" is 'n ........ .
95 % (afgerond)werkwoord 
2 % (afgerond)voegwoord
bywoord
3 % (afgerond)selfstandige naamwoord

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
91% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties