14 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 14-08-2024 só ingevul:
Die gebruik van ........ om vee te beskerm kom deesdae algemeen voor.
lama’s
lamma’s lamas
lammas
Woorde wat op "a", "e", "i", "o", "u" wat nie ’n tweeklank is nie ("lama") eindig, kry "-s" in die meervoud (AWS 13.5).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
My gunstelingkleur is ........ .
roodt
roi rooi
rood
Diftonge, oftewel tweeklanke, is ʼn opeenvolging van vokaalklanke wat sonder onderbreking uitgespreek word. Diftonge word nie met enige ander leestekens gespel nie.
Sien ook die bladsy Diftonge.
Ek wil die ........ rooi verf en die deur wit.
deurkosyn
deur-kosyn
deurkosein
deur kosein
ʼn Samestelling ("deurkosyn") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("deur" en "kosyn") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die huis het 'n besondere hoë ........ .
plafón
plaffon plafon
plavon
Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel. Die woord "plafon" kom uit Frans. (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)