23 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 23-08-2024 só ingevul:
Wat is die sinoniem vir "roer" in die uitdrukking: 'n Boer en sy roer.
hond
perd
sweep geweer
Sinonieme is woorde wat min of meer dieselfde betekenis het.
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Sarah het haar aan die baas se gesag ........ .
ondergewerp onderwerp
geonderwerp
onder gewerp
Werkwoorde wat uit meer as een lettergreep bestaan waarvan die klem nie op die eerste lettergreep val nie, kry nie ’n "ge-" in die verlede tyd nie (AWS 17.1).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Die ........ sakevrou dra baie duur juwele.
skatryk
skatreik
skat ryk
skat reik
Intensiewe vorme is byvoeglike naamwoorde wat ʼn versterkende betekenis aan die stam gee en word vas geskryf ("skatryk") behalwe "wawyd oop". Kyk ook: https://af.wikipedia.org/wiki/Intensiewe.
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.
Ma is besig om wortelslaai vir die braaivleis te maak. Wat is die woordsoort van die woord "wortelslaai"?
adjektief
bywoord selfstandige naamwoord
voegwoord
'n Selfstandige naamwoord verwys na 'n persoon, plek, saak, eienskap of gebeurtenis. 'n Mens kan dit uitken deurdat 'n mens 'n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld: wortelslaai - die wortelslaai - wortelslaaie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)