02 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 02-09-2024 só ingevul:
Ná die goeie reën is die dam vol. Wat is die woordsoort van "vol" in bostaande sin?
beskrywende byvoeglike naamwoord
preskriptiewe byvoeglike naamwoord predikatiewe byvoeglike naamwoord
attributiewe byvoeglike naamwoord
'n Attributiewe adjektief (oftewel byvoeglike naamwoord) staan gewoonlik voor die selfstandige naamwoord wat dit beskryf, byvoorbeeld “'n vol dam”. 'n Predikatiewe adjektief staan gewoonlik na 'n koppelwerkwoord, byvoorbeeld "die dam is vol".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Die ........ wat die siekte aan die liggaam veroorsaak, is nog nie vasgestel nie.
lang termyn skade langtermynskade
lang termynskade
lang termyn-skade
Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "lang" + selfstandige naamwoord "termyn") en ʼn selfstandige naamwoord "skade".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Hoe moes ons dan hierdie saak ........ het?
gehandteer
hanteer
gehanteer hanteer of gehanteer
By woorde wat uit twee lettergrepe bestaan en op "-eer" eindig, is die "ge-" in die verledetydsvorm opsioneel.
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Vul die korrekte woordsoort in: Die woord "omnibus" word meestal as 'n ........ gebruik van 'n keur van werke wat in een bundel saamgevat is.
eienaam
persoonsnaam versamelnaam
noemnaam
'n Versamelnaam (of versamelwoord) is ’n selfstandige naamwoord wat ’n versameling dinge van dieselfde soort aandui.
Sien ook die bladsy Versamelname.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)