29 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 29-10-2024 só ingevul:
Ek kan eers kom nadat ek my huiswerk gedoen het. Wat is die woordsoort van "nadat" in bostaande sin?
voegwoord
adjektief
bywoord
lidwoord
Voegwoorde of konjunksies is kort woorde wat gebruik word om sinne saam te voeg en kan 'n groot invloed op die betekenis van sinne hê, byvoorbeeld "want", "maar", "sodat", "behalwe", "terwyl".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Die ........ het die dief wat my selfoon gesteel het, tronkstraf opgelê.
lantros
landros
lantdros landdros
ʼn Samestelling ("landdros") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("land" en "dros") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word. Die woord "landdros" is afkomstig van die ou Nederlandse woord "landdrost" wat ‘geregsdienaar op die platteland’ beteken.
Sien ook die bladsy Samestellings.
........ praat gewoonlik baie vinnig.
afslaërs Afslaers
afslaars
Afslaërs
Die eerste woord van ʼn sin begin met ʼn hoofletter, tensy die sin met die onbepaalde lidwoord " ʼn" begin – dan kom die hoofletter ná die onbepaalde lidwoord.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.
........ , dit ruik sleg.
Suus
Sis Sies
Tussenwerpsels is kort woorde, gewoonlik gevolg deur ʼn uitroepteken, wat ʼn bepaalde emosie aandui.
Sien ook die bladsy Tussenwerpsels.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)