10 JUN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 10-06-2025 só ingevul:
Die boer wat my ma-hulle ken, ........ tulpe.
groei kweek
Die antwoord is "kweek", aangesien "groei" in hierdie konteks 'n anglisisme is.
Sien ook die bladsy Anglisismes.
Die supermark se ........ het in Desember verdubbel.
omset om set om-set
ʼn Samestelling ("omset") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("om" en "set") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
........ het vier boeties en sussies wat saam met haar in een huis woon.
Die meisie die Meisie Die Meisie die meisie
Die eerste woord in 'n sin, solank as wat dit nie 'n syfer, getal of simbool is nie, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.
Ouma kook nooit haar konfyt van ........ vrugte nie.
vrotryp slapryp papryp
Nog 'n intensiewe vorm vir "ryp" is "doodryp".
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)