1945 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 23-06-2026 (vlak 1)



vorige toets 23 JUN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 23-06-2026 só ingevul:



Ons het na 'n vertoning van marionette gaan kyk.
Wat is die woordsoort van die woord "marionette" in bostaande sin?
1 % (afgerond)adjektief
1 % (afgerond)werkwoord
96 % (afgerond)selfstandige naamwoord 
1 % (afgerond)bywoord

’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld: "marionet - die marionet - marionette".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Waarheen is Katryn-hulle? Hulle is ........ .
2 % (afgerond)so en toe
6 % (afgerond)soon toe
88 % (afgerond)soontoe 
4 % (afgerond)soëntoe

Verbindings van ’n bywoord plus "toe" word altyd vas geskryf (AWS 15.55).
Sien ook die bladsy Samestellings.



Ek speel ........ skaak.
82 % (afgerond)Donderdae 
13 % (afgerond)donderdae
3 % (afgerond)Donderdaë
1 % (afgerond)donderdaë

Dae van die week (Donderdag), die name van kerklike, godsdienstige en algemene feesdae word met ʼn hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Feesdae.



Weens ’n bom wat langs hom ontplof het, is die man ........ .
6 % (afgerond)pandoof
1 % (afgerond)pan doof
1 % (afgerond)pot doof
92 % (afgerond)potdoof 

Intensiewe vorme is byvoeglike naamwoorde wat ʼn versterkende betekenis aan die stam gee en word vas geskryf behalwe "wawyd oop". Kyk ook: https://af.wikipedia.org/wiki/Intensiewe.
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.



TOTAALRESULTAAT:
90% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties