1803 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 15-09-2026 (vlak 1)



vorige toets 15 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 15-09-2026 só ingevul:



Die wenners sal per SMS verwittig word.
Wat is die woordsoort van "verwittig" in bostaande sin?
96 % (afgerond)werkwoord 
1 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
2 % (afgerond)selfstandige naamwoord
bywoord

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. Sommige woorde, soos "verwittig", kry egter nie 'n "ge-" vooraan nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Bloubergstrand is bekend vir sy pragtige ........ .
7 % (afgerond)sonondergange
sononders
1 % (afgerond)sonsondergangens
92 % (afgerond)sonsondergange 

ʼn Samestelling ("sonsondergang") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("son" en "ondergang") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word. Soms kom daar ’n verbindingsklank ("-s-") voor.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.



Die dag in die middel van die week staan bekend as ........ .
Wunsdag
6 % (afgerond)woensdag
94 % (afgerond)Woensdag 
wunsdag

Die dae van die week ("Woensdag"), name van kerklike, godsdienstige en algemene feesdae word met ʼn hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Feesdae.



Vergelyking: Die klein babatjie is so lig soos 'n ........ .
2 % (afgerond)wolk
sneeu
98 % (afgerond)veer 
blaar

Vergelykings is stylfigure wat gebruik word om dinge met mekaar te vergelyk en kan uitgeken word aan die woord “soos”. Byvoorbeeld, 'so lig soos 'n veer'.
Sien ook die bladsy Vergelykings.



TOTAALRESULTAAT:
95% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties