1753 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 08-10-2026 (vlak 3)



vorige toets 08 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 08-10-2026 só ingevul:



Die bank het my huis ........ .
8 % (afgerond)herwaardeer of hergewaardeer
52 % (afgerond)herwaardeer of geherwaardeer 
2 % (afgerond)hergewaardeer
38 % (afgerond)herwaardeer

Woorde wat met "her-" begin neem nie gewoonlik 'n "ge-" in die verlede tyd nie. Daar is egter 'n paar uitsonderings wat naas die basisvorm ook "ge-" in die verlede tyd kan neem, soos "herwaardeer" of "geherwaardeer", "hereksamineer" of "gehereksamineer", en "herdefinieer" of "geherdefinieer".
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Die optimale benutting van datalêers in 'n organisasie staan as ........ bekend.
2 % (afgerond)dataöntginning
11 % (afgerond)slegs data-ontginning
16 % (afgerond)slegs dataontginning
71 % (afgerond)dataontginning of data-ontginning 

’n Opeenhoping van vokale tussen dele van ’n samestelling bring nie noodwendig leesbaarheidsprobleme mee nie en ’n koppelteken is dus onnodig, byvoorbeeld “dataontginning”, “naoorlogs”, “pouoogmot”. Indien die leser dit egter vind dat 'n koppelteken leesbaarheid sal verbeter, kan dit wel ingevoeg word (AWS 12.1a).
Sien ook die bladsy Vokaalopeenhoping.



Mevrou Haase gaan aan die begin van elke week na die ........ , omdat sy geen supermark se produkte vertrou nie.
1 % (afgerond)vars-produkte-mark
3 % (afgerond)vars produktemark
95 % (afgerond)varsproduktemark 
1 % (afgerond)varsprodukte mark

Samestellende samestellings kom voor waar 'n woordgroep ("vars produkte") en 'n ander woord ("mark") verbind. Die woordgroep kan, soos in hierdie geval, bestaan uit 'n adjektief en 'n selfstandige naamwoord. Juis omdat die woordgroep optree as die bepaler in die samestelling, word dit vas aan die kern geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Die Russiese politikus wat in 2012 tot 'n derde termyn as sy land se president verkies is, heet ........ .
8 % (afgerond)Wladimir Putin
43 % (afgerond)Vladimir Putin
49 % (afgerond)Wladimir Poetin 

Aangesien Russiese woorde en name in die Cyrilliese alfabet geskryf word, moet dit eers getranslitereer word voordat dit opgeneem kan word in tekste van tale wat van die Latynse alfabet gebruik maak, soos Afrikaans, Engels, Duits of Frans. Elkeen van hierdie tale het hul eie transliterasiereëls om sulke woorde so leesbaar en "volkseie" as moontlik aan te bied. Die Russiese skryfwyse van die naam "Wladimir Poetin" is "Владимир Путин". Die ekwivalente Engelse en Duitse transliterasies daarvan is onderskeidelik "Vladimir Putin" en "Wladimir Putin".
(Bron: http://af.wikipedia.org/wiki/Wladimir_Poetin)

Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.



TOTAALRESULTAAT:
67% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties