3504 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 23-01-2020 (vlak 1)



vorige toets 23 JAN Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 23-01-2020 só ingevul:



Die kulkunstenaar het die vrou nie regtig middeldeur gesaag nie; dis net ........ .



13 % (afgerond)oë-verblindery
75 % (afgerond)oëverblindery 
11 % (afgerond)oë verblindery
1 % (afgerond)oö-verblindery

ʼn Samestelling (“oëverblindery”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“oë” en “verblindery”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Jou woorde het my diep ........ .



3 % (afgerond)gekronk
7 % (afgerond)gekrank
7 % (afgerond)gekrênk
82 % (afgerond)gekrenk 

Wanneer ʼn geslote lettergreep deur meer as een medeklinker (“rs”) afgesluit word, kry die “e” nie ʼn kappie nie.
Sien ook die bladsy Kappie.




Alles het ........ verloop.


16 % (afgerond)botterglad
ghriesglad
8 % (afgerond)olieglad
76 % (afgerond)seepglad 

Intensiewe vorme is byvoeglike naamwoorde wat ʼn versterkende betekenis aan die stam gee en word vas geskryf behalwe “wawyd oop”. Kyk ook: https://af.wikipedia.org/wiki/Intensiewe.
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.




As 'n uitsondering sal ons ........ drink wanneer my tannie kom kuier.


38 % (afgerond)Shiraz
42 % (afgerond)Shiraz of shiraz 
21 % (afgerond)shiraz

Benaming van kultivars kan met 'n kleinletter of hoofletter begin.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.




TOTAALRESULTAAT:
69% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties