4343 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 01-04-2020 (vlak 1)



vorige toets 01 APR Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 01-04-2020 só ingevul:



Hou 'n ........ voor jou mond as jy hoes.


92 % (afgerond)sneesdoekie 
3 % (afgerond)sneesdoektjie
4 % (afgerond)sneesdoekje
1 % (afgerond)sneesdoekertjie

Woorde wat eindig op “f”, “g”, “k”, “p”, of “s” wat voorafgegaan word deur ʼn lang uitgespreekte “a”, “e” of “o”, kry ʼn “-ie” in die verkleiningsvorm, en die betrokke “a”, “e” of “o” word enkel geskryf omdat dit dan in ʼn oop lettergreep voorkom (AWS 17.1).
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.




Dit is Sondae baie ........ op ons dorp.



stul
2 % (afgerond)stel
2 % (afgerond)still
95 % (afgerond)stil 

Die [ә]-klank word in beklemtoonde lettergrepe en agtervoegsels met “i” geskryf (AWS 16.13).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.




Wie was die ........ van Saterdag se sokkerwedstryd?


7 % (afgerond)skydsregter
1 % (afgerond)skeid regter
4 % (afgerond)skeidregter
89 % (afgerond)skeidsregter 

By sommige samestellings is ’n verbindings-s verpligtend, byvoorbeeld "skeidsregter", "ambagsman", "denneboom", "nooiensvan" en "kinderkamer".
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.




Studente ervaar dikwels ........ tydens die eksamen.


76 % (afgerond)stres 
24 % (afgerond)stress

Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse spelreëls gespel. Al skryf ons "stress" in Engels, skryf ons "stres" in Afrikaans.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.




TOTAALRESULTAAT:
88% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties