3499 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 22-01-2020 (vlak 2)



vorige toets 22 JAN Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 22-01-2020 só ingevul:



Die ........ het sy teleurstelling uitgespreek oor sy span se vertoning


83 % (afgerond)Springbokafrigter of Springbok-afrigter 
6 % (afgerond)Springbok-afrigter of Springbok afrigter
11 % (afgerond)slegs Springbok afrigter
slegs Spring bok afrigter

Eienaamverbindings waarin die eienaam (“Springbok”) as eerste lid optree, word slegs vas geskryf, met of sonder ʼn koppelteken.

Sien ook die bladsy Eienaamsamestellings.




Ek het hierdie goue ring nog by my ouma ........ .


85 % (afgerond)geërf 
6 % (afgerond)geerf
9 % (afgerond)ge-erf

Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken.
Sien ook die bladsy Deelteken.




Die landdros het besluit om 'n voorbeeld te maak van die misdadigers en het hulle ........ vonnisse opgelê.


8 % (afgerond)streng
diep
1 % (afgerond)sterk
91 % (afgerond)swaar 

Misdadigers word "swaar" gevonnis of gestraf. Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “rasend honger”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.




Die gemeente het op ........ 'n erediens.


8 % (afgerond)hemelvaart
hemel vaart
92 % (afgerond)Hemelvaart 
Hemel Vaart

Die name van kerklike, godsdienstige en algemene feesdae en feesgetye word met 'n hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Feesdae.




TOTAALRESULTAAT:
88% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties