4343 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 01-04-2020 (vlak 2)



vorige toets 01 APR Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 01-04-2020 só ingevul:



Die deur maak ........ oop.



24 % (afgerond)buitetoe
8 % (afgerond)buite toe
2 % (afgerond)buiten toe
65 % (afgerond)buitentoe 

Verbindings van ’n bywoord plus "toe" word altyd vas geskryf, byvoorbeeld "buitentoe", "soontoe", "binnetoe" (AWS 14.55).
Sien ook die bladsy Samestellings.




Ek hou nie daarvan om ........ te skryf nie.


2 % (afgerond)essaye
essay'e
13 % (afgerond)essay's
84 % (afgerond)essays 

Die afkappingsteken word nie gebruik by meervoude op "-s" van naamwoorde wat op "y" eindig nie.
Sien ook die bladsy Afkappingsteken.




Die koelte in die lug beteken die winter is in ........ .


3 % (afgerond)die versier
95 % (afgerond)aantog 
2 % (afgerond)die weegskaal
flarde

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “in aantog”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”. Die kollokasie "is in aantog" is die enigste een met die korrekte betekenis in die konteks van 'op pad wees'.
Sien ook die bladsy Kollokasies.




ʼn Dokter wat in kindergeneeskunde spesialiseer, noem ons 'n ........ .



76 % (afgerond)pediater  
19 % (afgerond)Pediater
2 % (afgerond)Pediateur
2 % (afgerond)pediatroloog

ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld “pediater”, “kommunis”, “protestant”, “tikster”. Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.




TOTAALRESULTAAT:
80% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties