4687 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 21-05-2020 (vlak 2)



vorige toets 21 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 21-05-2020 só ingevul:



Die taxibestuurder het my ........ dat hy my betyds by die lughawe sal aflaai.



geverseker
5 % (afgerond)virseker
92 % (afgerond)verseker 
2 % (afgerond)vir seker

Die woord "verseker" is 'n werkwoord en beteken 'gerusstel' of 'belowe'. Die woordgroep "vir seker" beteken 'sonder twyfel' of 'beslis'.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




Prins Edward en sy vrou Sophie staan ook bekend as die graaf en ........ van Wessex.


1 % (afgerond)graafnes
29 % (afgerond)grafin
graaves
69 % (afgerond)gravin 

Die vroulike vorm van die koninklike eretitel "graaf" is "gravin" met 'n "v". In Engels is die titels onderskeidelik "earl" en "countess".
Sien ook die bladsy Manlik/vroulik.




Suid-Afrika se ........ het sy kommer uitgespreek oor die toestroming van burgers uit buurlande.


4 % (afgerond)departement van Internasionale Betrekkinge
4 % (afgerond)Departement van internasionale Betrekkinge
2 % (afgerond)departement van internasionale betrekkinge
89 % (afgerond)Departement van Internasionale Betrekkinge  

Soortname wat as eiename of as dele van meerledige eiename optree, kry aanvangshoofletters, byvoorbeeld Departement van Buitelandse Sake, Konstitusionele Hof, Kommissie vir Waarheid en Versoening, Slag van Magersfontein.
Bron: AWS 9.9
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.




Jan Braai het besoek gebring aan die stad München in die deelstaat ........ in Duitsland.


1 % (afgerond)Bewaria
65 % (afgerond)Bavaria
26 % (afgerond)Beiere 
8 % (afgerond)Bevaria

Beiere is die grootste deelstaat van Duitsland wat die hele suidooste van die land beslaan, en die stede München en Neurenberg insluit.
Bron: AWS en af.wikipedia.org
Sien ook die bladsy Plekname.




TOTAALRESULTAAT:
69% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties