3838 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 08-10-2019 (vlak 3)



vorige toets 08 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 08-10-2019 só ingevul:



Toe die bewaarder die volgende oggend uitvind van die ontsnapping, het ........ losgebars.


1 % (afgerond)pandinomium
95 % (afgerond)pandemonium 
2 % (afgerond)pandimonium
3 % (afgerond)pandenomium

Vokaalreduksie kom voor wanneer 'n vokaal wat in 'n swak, beklemtoonde posisie is, verder verswak word tot 'n [ə]-klank. Dit lei dikwels tot spelfoute.
Sien ook die bladsy Vokaalreduksie.




Die weermag het vanjaar vyf nuwe ........ ingesweer.


5 % (afgerond)adjudant-generale
64 % (afgerond)adjudant-generaals
28 % (afgerond)adjudante-generaal 
3 % (afgerond)adjudants-generaal

Die laaste lid van saamgestelde rangbenamings kry die meervoudsvorm, byvoorbeeld "generaal-majoors", "sersant-majoors" (AWS 13.12). In hierdie geval is die rang "adjudant", terwyl "generaal" 'algemeen' beteken.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.




Ek werk in kantoor 203 van die ........ .


39 % (afgerond)Administrasiegebou 
61 % (afgerond)administrasiegebou

Ingevolge reël 9.9 in die AWS word soortname wat as eiename optree met aanvangshoofletters (behalwe lidwoorde en voorsetsels) geskryf. Sommige koerante verkies egter om dit met kleinletters te skryf ten einde leesbaarheid te verhoog.
Sien ook die bladsy Soortname as eiename.




Willemien het nagelaat om haar ........ te verklaar.


50 % (afgerond)privaat inkomste of private inkomste 
2 % (afgerond)slegs privaat-inkomste
35 % (afgerond)slegs privaatinkomste
13 % (afgerond)slegs privaat inkomste

"Privaat" is 'n byvoeglike naamwoord en word in die reël los van 'n selfstandige naamwoord geskryf. "Privaatreg" is 'n uitsondering.

Sien ook die bladsy Wisselvorme.




TOTAALRESULTAAT:
53% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties