3765 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 07-11-2019 (vlak 3)



vorige toets 07 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 07-11-2019 só ingevul:



Daar is maar weinig kos in ons kaste, maar ons het al voorheen ........ gehad.


8 % (afgerond)weiniger
91 % (afgerond)minder 
geringer
weinigger

Die trappe van vergelyking van "weinig" is "minder" en "minste".
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.




Hannes het onlangs as ........ gekwalifiseer met 'n verhandeling oor die selakant.


10 % (afgerond)mariene bioloog 
3 % (afgerond)marine bioloog
43 % (afgerond)marienebioloog
43 % (afgerond)marinebioloog

Die homofone "marine" en "mariene" word maklik met mekaar verwar of verkeerdelik as wisselvorme van mekaar gebruik, aangesien hulle dieselfde uitgespreek word. Hulle behoort egter tot verskillende woordsoorte. Die woord "marine" (selfstandige naamwoord) beteken 'n 'seemag', terwyl "marien(e)" (byvoeglike naamwoord) die betekenis 'betreffende die see' dra.
Sien ook die bladsy Homofone.




Frederic dien op die ........ wat die armoedevraagstuk moet ondersoek.


7 % (afgerond)adhockomitee
78 % (afgerond)ad hoc-komitee 
16 % (afgerond)ad hoc komitee

Samestellings met woorde van ’n vreemde herkoms word met ’n koppelteken geskryf, byvoorbeeld "ad hoc-komitee" (AWS 12.4).
Sien ook die bladsy Samestellings.




Die versekering vra drie kwotasies van verskillende ........ voordat hulle iemand kies om die bedrading te herstel.


2 %elektrisiteitslui
92 % (afgerond)elektrisiëns 
3 % (afgerond)kragvoorsieners
3 % (afgerond)elektriese ingenieurs

Die woord "elektrisiën" verwys na iemand wat elektriese toestelle herstel of installeer; "elektriese ingenieurs" werk met die opwekking, instandhouding, verspreiding en kondisionering van elektriese energie; "kragvoorsieners" is instansies soos Eskom wat krag opwek en dit na verbruikers of munisipaliteite versprei.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




TOTAALRESULTAAT:
68% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties