24 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 24-07-2025 só ingevul:
Hy het 'n gelate houding teenoor die onderwysers openbaar. 'n Antoniem vir "gelate" in die bogenoemde sin is:
respekvolle rebelse
Die antoniem van 'n woord is 'n woord met 'n teenoorgestelde betekenis.
Sien ook die bladsy Antonieme.
Slegs een ........ het aan die kunswedstryd deelgeneem, die ander was almal mans.
orrelisde orreliste orrelisster orrelisse
By sommmige Afrikaanse naamwoorde lyk die meervoudsvorm en vroulike vorm dieselfde. Byvoorbeeld, "orreliste" en "pianiste". Afrikaans kan wel tussen geslagte onderskei, maar dit is ook korrek om slegs die manlike vorm vir albei geslagte te gebruik.
Sien ook die bladsy Manlik/vroulik.
........ is my gunstelingmusiekgenre.
Fouk fouk Folk folk
Die eerste woord van ʼn sin begin met ʼn hoofletter ("Folk"), tensy die sin met die onbepaalde lidwoord " ʼn" begin – dan kom die hoofletter ná die onbepaalde lidwoord.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.
Hout en papier vat maklik vlam. Onder watter subkategorie van die woordsoort val "vlam" in bostaande sin?
hittename soortname abstrakte naamwoorde eiename
Soortname is selfstandige naamwoorde wat konkrete dinge benoem en getel kan word, byvoorbeeld "vlam", "tafel", "motor" en "telefoon". Soortname begin gewoonlik met 'n kleinletter, teenoor eiename wat met 'n hoofletter begin.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)