3903 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 13-08-2019 (vlak 3)



vorige toets 13 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 13-08-2019 só ingevul:



Die ........ het die vertonings by die kunstefees geniet.


6 % (afgerond)Grahamstadse
17 % (afgerond)Grahamstatter
70 % (afgerond)Grahamstadter 
7 % (afgerond)Grahamstadder

Afleidings van plekname wat op "-stad" eindig en inwoners aandui, word met 'n bykomstige "t" geskryf om die uitspraak weer te gee.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.




My familie gaan eet gewoonlik by die ........ op Kersdag.


5 % (afgerond)Koekemoer's
5 % (afgerond)Koekemoere
89 % (afgerond)Koekemoers 
1 % (afgerond)Koekemoer'e

Eiename wat op "-r" eindig, kry 'n meervoudsvorm met "-s".
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.




Die eiland in die Middellandse See wat deels aan Griekeland en deels aan Turkye behoort, is ........ .


10 % (afgerond)slegs Siprus
41 % (afgerond)Ciprus of Siprus 
27 % (afgerond)Cyprus of Ciprus
22 % (afgerond)slegs Ciprus

Sommige plekname word verafrikaans. In hierdie geval word albei spellings "Ciprus" en "Siprus" erken. 'n Uitgebreide lys van internasionale plekname is agter in die AWS.
Sien ook die bladsy Plekname.




My ouma se eetkamertafel is van ........ gemaak.


40 % (afgerond)imbuia 
5 % (afgerond)embuya
10 % (afgerond)emboja
45 % (afgerond)embuia

Die imbuiahoutboom (Ocotea porosa) is inheems in Brasilië en word dikwels gebruik om meubels te vervaardig. Ons kan ook na die boom verwys as "imbuiaboom" of net "imbuia" (meervoud: "imbuias").
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.




TOTAALRESULTAAT:
60% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties