3903 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 14-08-2019 (vlak 3)



vorige toets 14 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 14-08-2019 só ingevul:



Een van Suid-Afrika se bekende digters, ........ Marais, was 'n groot kampvegter vir Afrikaans.


48 % (afgerond)Eugène 
3 % (afgerond)Eugené
37 % (afgerond)Eugéne
11 % (afgerond)Eugene

Die gravisteken word by sommige eiename soos "Eugène", "Adèle", "Fàbregas", ensovoorts, gebruik.
Sien ook die bladsy Gravis-/akuutteken.




Ma maak vanaand vir ons ........ vir aandete.


10 % (afgerond)macaroni en kaas
87 % (afgerond)macaroni-en-kaas 
2 % (afgerond)macaroni- en kaas

Indien ʼn woordgroep van meer as twee woorde ("macaroni, en, kaas") in die geheel betekenisverandering ondergaan het, word koppeltekens tussen al die samestellende dele van die woordgroep geskryf (AWS 12.19).
Sien ook die bladsy Koppeltekens.




Die Franse student vind ........ baie moeilik.


15 % (afgerond)beginnersxhosa
11 % (afgerond)Beginners-Xhosa
45 % (afgerond)beginners-Xhosa
29 % (afgerond)Beginnersxhosa 

In saamgestelde taalname wat sonder 'n koppelteken vas geskryf word, begin die basiese taalnaam ("Xhosa") nie ook met 'n hoofletter nie (AWS 9.11 en 14.13).
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.




Hy het ........ by die dinee opgedaag.


2 % (afgerond)breekdeftig
87 % (afgerond)kraakdeftig 
7 % (afgerond)dooddeftig
4 % (afgerond)smoordeftig

Iemand wat baie netjies en deftig voorkom, is "kraakdeftig".
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.




TOTAALRESULTAAT:
63% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties