3838 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 26-09-2019 (vlak 1)



vorige toets 26 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 26-09-2019 só ingevul:



Die kwessie van onteiening is 'n ........ op die politieke agenda.



3 % (afgerond)brand punt
1 % (afgerond)brand-punt
94 % (afgerond)brandpunt 
2 % (afgerond)brantpunt

ʼn Samestelling (“brandpunt”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“brand” en “punt”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.




My man het in die vroeë ........ as hysertegnikus gewerk.


10 % (afgerond)80s
89 % (afgerond)80's 
1 % (afgerond)80-s

Meervoude of verkleiningsvorme van letters, syfers of woorde wat as letters uitgespreek word (byvoorbeeld akronieme), kry afkappingstekens.
Sien ook die bladsy Afkappingsteken.




Hoor net hoe ........ die sonbesies in die doringbosse.


7 % (afgerond)fluit
5 % (afgerond)roep
63 % (afgerond)sing 
25 % (afgerond)zoem

Sonbesies sing, bye zoem, voëls fluit en uile roep.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.




........ sien dikwels skoenlappers in tuine.


2 % (afgerond)’N Mens
2 % (afgerond)’n mens
3 % (afgerond)’N mens
93 % (afgerond)’n Mens 

Die eerste woord van ʼn sin begin met ʼn hoofletter, tensy die sin met die onbepaalde lidwoord " ʼn" begin – dan kom die hoofletter ná die onbepaalde lidwoord, byvoorbeeld " ’n Mens".
Sien ook die bladsy Sinsbegin.




TOTAALRESULTAAT:
85% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties