3838 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 26-09-2019 (vlak 2)



vorige toets 26 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 26-09-2019 só ingevul:



Die woorde "laksman" en "janfiskaal" is ........ .


84 % (afgerond)sinonieme 
6 % (afgerond)homonieme
7 % (afgerond)antonieme
3 % (afgerond)homofone

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het.
Sien ook die bladsy Sinonieme.




Met 'n kleiner ........ kan 'n mens fyner verf.


kwaskie
97 % (afgerond)kwassie 
1 % (afgerond)kwasie
2 %kwastjie

Woorde wat eindig op “f”, “g”, “k”, “p”, of “s” wat voorafgegaan word deur ʼn kort uitgespreekte “a”, “e”, “o” of “u”, kry ʼn “-ie” in die verkleiningsvorm, en die voorafgaande konsonant word verdubbel omdat dit dan in ʼn geslote lettergreep voorkom (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.




Sjoe, maar die ........ in jou tuin is darem mooi!


88 % (afgerond)madeliefies 
11 % (afgerond)Madeliefies
Madelifi's
madelifi's

Gewone name van plante en diere word met kleinletters geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.




In weerkunde staan die afkorting "NO" vir ........ .



92 % (afgerond)noordoos 
3 % (afgerond)naderende orkaan
5 % (afgerond)neerslag onbekend

Die afkorting "NO" in weerkunde staan vir "noordoos", "noordooste" of "noordoostelike".
Sien ook die bladsy Afkortings.




TOTAALRESULTAAT:
90% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties