3838 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 03-10-2019 (vlak 2)



vorige toets 03 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 03-10-2019 só ingevul:



Onthou om vir ons ........ van die winkel af te bring.


3 % (afgerond)macaronie
83 % (afgerond)macaroni 
15 % (afgerond)makaroni

Vreemde woorde ("macaroni") behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.




Dit is ʼn ........ weiering van ʼn vriendelike versoek.


43 % (afgerond)bot of botte 
13 % (afgerond)slegs botte
45 % (afgerond)slegs bot

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan. In hierdie geval is die "-te" opsioneel. Die konsonant word verdubbel om die klank kort te hou.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.




Prinses Charlene se seun, ........ Jacques, is vandeesweek in die hospitaal opgeneem.


39 % (afgerond)Prins
prince
60 % (afgerond)prins  
1 % (afgerond)Prince

Wanneer titels in die middel van 'n sin gebruik word, word dit met kleinletters geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.




Die huise staan aanmekaar sover jy kan sien.
Wat is die woordsoort van die woord "aanmekaar" in bostaande sin?


11 % (afgerond)bywoord van hoedanigheid
9 % (afgerond)bywoord van modaliteit
60 % (afgerond)bywoord van wyse 
20 % (afgerond)bywoord van plek

Bywoorde beskryf die adjektief of die werkwoord in 'n sin. Daar is verskillende soorte bywoorde, byvoorbeeld bywoord van wyse - "aanmekaar", bywoord van tyd - "môre", bywoord van graad - "besonder" en bywoord van modaliteit - "dalk".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




TOTAALRESULTAAT:
61% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties