3739 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 22-10-2019 (vlak 1)



vorige toets 22 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 22-10-2019 só ingevul:



Pa is by die veiling want hy wil op die gemsbok bie.
Wat is die woordsoort van die woord "bie" in bostaande sin?


6 % (afgerond)selfstandige naamwoord
6 % (afgerond)bywoord
86 % (afgerond)werkwoord 
2 % (afgerond)voegwoord

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word, byvoorbeeld "bie - gebie".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Die ........ in die baai word met ’n baggerboot oopgehou.


6 % (afgerond)vaar water
91 % (afgerond)vaarwater 
3 % (afgerond)vaar-water

ʼn Samestelling ("vaarwater") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("vaar" en "water") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Prinses ........ speel met haar kat.


1 % (afgerond)sofia
99 % (afgerond)Sofia 

Alle soorte eiename begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.




Kliënte moet die ........ afbyt van handelsbanke se standaardisering.


84 % (afgerond)spit 
5 % (afgerond)wors
8 % (afgerond)vingers
3 % (afgerond)appel

Die idioom "die spit afbyt" beteken ‘die moeilikste of gevaarlikste werk verrig’. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




TOTAALRESULTAAT:
90% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties