3739 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 05-11-2019 (vlak 1)



vorige toets 05 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 05-11-2019 só ingevul:



Ek het die naweek 'n nuwe bank vir die sitkamer gekoop.
Wat is die woordsoort van die woord "bank" in bostaande sin?


1 % (afgerond)bywoord
96 % (afgerond)selfstandige naamwoord 
2 % (afgerond)werkwoord
1 % (afgerond)voegwoord

’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld: "bank - die bank - banke".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




........ is teen die reëls van die skool.


4 % (afgerond)Strikkies draai
80 % (afgerond)Stokkiesdraai 
4 % (afgerond)Strikkiesdraai
13 % (afgerond)Stokkies draai

As iemand "stokkiesdraai", bly hy/sy sonder toestemming weg van skool.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.




Siya Kolisi was die kaptein van die ........ toe hulle onlangs die Rugbywêreldbeker gewen het.


18 % (afgerond)Springbokke of springbokke
4 % (afgerond)springbokke
78 % (afgerond)Springbokke 

Spot- en byname van groepe of 'n lid van so 'n groep begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.




Idioom: Die mure het ........ .


1 % (afgerond)voete
hande
neuse
99 % (afgerond)ore 

Die idioom "die mure het ore" beteken 'dit is gevaarlik om te veel te sê'.
Dit kom moontlik van die agterdogtige Franse koningin, Catherine de Medici, wat glo met buise in die mure gesprekke afgeluister het.
(Bron: Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




TOTAALRESULTAAT:
88% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties