3724 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 14-02-2020 (vlak 3)



vorige toets 14 FEB Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 14-02-2020 só ingevul:



Die siekte ........ kom veral in koeie voor ongeveer een week voor en twee weke ná kalwing.




54 % (afgerond)subakute rumenasidose  
4 % (afgerond)subakute rumen asidose
37 % (afgerond)sub-akute rumenasidose
5 % (afgerond)sub-akute rumen asidose

Woorde wat in Afrikaans met die voorvoegsel "sub-" begin, kry normaalweg nie 'n koppelteken nie. Die woord "rumenasidose" is 'n samestelling van twee naamwoorde "rumen" en "asidose". Samestellings word vas geskryf
Sien ook die bladsy Samestellings.




Waarvoor staan die akroniem "SAVLU"?


83 % (afgerond)Suid-Afrikaanse Vroue-Landbou-Unie 
4 % (afgerond)Suid-Afrikaanse Vereniging vir Langafstand- en Ultramaratonatlete
13 % (afgerond)Suid-Afrikaanse Vereniging vir Landbou-unies

'n Akroniem is 'n afkorting wat as 'n woord uitgespreek word. Die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls het 'n omvattende lys met afkortings in Afrikaans. Jy kan ook vir afkortings soek op www.woordelys.co.za.
Sien ook die bladsy Akronieme.




Ons katjie is vir 'n haas so bang soos 'n bok vir 'n ........ .


73 % (afgerond)skoot hael 
6 % (afgerond)knyptang
14 % (afgerond)vangriem
7 % (afgerond)sambok

Hierdie vergelyking beteken 'om baie bang te wees'.
Sien ook die bladsy Vergelykings.




Die Oos-Kaapse dorpie waar die bekende Uilhuis staan, is ........ .


95 % (afgerond)Nieu-Bethesda 
1 % (afgerond)Nu-betesda
1 % (afgerond)Nieu-bethesda
2 % (afgerond)New Betesda

Plekname, d.w.s. geografiese name, name van kontinente, lande, dorpe, stede, damme, berge ens. word met hoofletters gespel.
Sien ook die bladsy Plekname.




TOTAALRESULTAAT:
76% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties