4034 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 30-06-2020 (vlak 1)



vorige toets 30 JUN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 30-06-2020 só ingevul:



Die afkorting "a.g.v." staan vir ........ .


99 % (afgerond)as gevolg van 
as gebeure van
aan grootte verbonde
aantal gebeure van

Agterin die "Afrikaanse Woordelys en Spelreëls" verskyn 'n omvattende lys van afkortings en akronieme.
Sien ook die bladsy Afkortings.




Die galjoen is in ........ swartbruin tot donkergrys van kleur.


14 % (afgerond)rots-areas
66 % (afgerond)rotsareas 
19 % (afgerond)rots areas

Samestellings is woorde wat uit twee of meer woorddele bestaan. Hierdie soort woorde moet vas geskryf word.
(Bronne: http://af.wikipedia.org/wiki/Lys_van_Nasionale_Simbole_van_Suid-Afrika
http://af.wikipedia.org/wiki/Galjoen)
Sien ook die bladsy Samestellings.




Volgens die Bybel is ........ die seun van God.


3 % (afgerond)Christus of christus
christus
96 % (afgerond)Christus 

Godsdienstige eerbiedsbenamings begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.




Vir ........ en drank.


5 % (afgerond)spuis
86 % (afgerond)spys 
9 % (afgerond)speis

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: "vir spys en drank"; "met hart en siel"; "teen wil en dank" en "met raad en daad".
Sien ook die bladsy Kollokasies.




TOTAALRESULTAAT:
87% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties