4034 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 03-07-2020 (vlak 1)



vorige toets 03 JUL volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 03-07-2020 só ingevul:



Die woord "are" in die volgende twee sinne is ’n ........ .
Vir die hartomleiding moes hulle are uit sy been haal.
Die are van die koring dra die korrels.


82 % (afgerond)homoniem 
13 % (afgerond)homofoon
3 % (afgerond)sinoniem
2 % (afgerond)antoniem

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "are" (‘bloedvate’) en "are" (‘deel van die plant waarop die saad verskyn’).
Sien ook die bladsy Homonieme.




Die ........ en die nuwes moet albei in die boks gepak word.


5 % (afgerond)ouens
1 % (afgerond)ous
92 % (afgerond)oues 
2 % (afgerond)ou’s

Woorde wat op "i", "o", "u" eindig, wat deel van ’n diftong is ("ou"), kry gewoonlik ’n "-e" in die meervoud. Die woorde "oues" en "ouens" is uitsonderings.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.




Die brood by die bakkery is ........ ; ’n mens raak sommer honger as jy daar verby loop.


3 % (afgerond)neet vars
80 % (afgerond)neutvars 
10 % (afgerond)neetvars
7 % (afgerond)neut vars

Intensiewe vorme is byvoeglike naamwoorde wat ʼn versterkende betekenis aan die stam gee en word vas geskryf ("neutvars") behalwe "wawyd oop". Kyk ook: https://af.wikipedia.org/wiki/Intensiewe.
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.




Kyk daardie aantreklike ou wat nou net hier aangekom het.
Wat is die woordsoort van die woord "ou" in bostaande sin?


1 % (afgerond)werkwoord
88 % (afgerond)selfstandige naamwoord 
3 % (afgerond)bywoord
8 % (afgerond)byvoeglike naamwoord

’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld: "ou - die ou - ouens".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




TOTAALRESULTAAT:
86% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties