4039 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 06-07-2020 (vlak 2)



vorige toets 06 JUL volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 06-07-2020 só ingevul:



Ons het in Desember lekker vakansie gehou.
Wat is die woordsoort van "lekker" in bostaande sin?


2 % (afgerond)voornaamwoord
57 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
3 % (afgerond)voegwoord
38 % (afgerond)bywoord 

'n Bywoord modifiseer die werkwoord of 'n byvoeglike naamwoord. 'n Mens kan bepaal of 'n woord 'n bywoord is deur te kyk of die woord die vraag "Hoe?" van die werkwoord of adjektief beantwoord, byvoorbeeld: Hoe het ons vakansie gehou? Die antwoord: lekker.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Nog al die jare beweer Brumilda - wat nie self boer of op 'n plaas bly nie - sy weet wanneer 'n aartappeloes nie ........ gaan oplewer nie.


4 % (afgerond)eerste graad aartappels
61 % (afgerond)eerstegraadaartappels 
34 % (afgerond)eerstegraad aartappels
1 % (afgerond)eerste graadaartappels

Samestellende samestellings bestaan uit 'n woordgroep ("eerste graad") en 'n selfstandige naamwoord ("aartappels") wat vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.




Die ........ wat ons by die lughawe kom haal het, was te klein vir al ons bagasie.


4 % (afgerond)taxi'kie
6 % (afgerond)taxikie
52 % (afgerond)taxi'tjie 
38 % (afgerond)taxitjie

Woorde wat op ʼn “i”, “o”, “u” en ʼn beklemtoonde (lang) “a” eindig, word in die verkleiningsvorm met ʼn afkappingsteken geskryf (AWS 15.11).
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.




Idioom: "Die wa voor die osse span" beteken om ........ .


72 % (afgerond)'n saak agterstevoor aan te pak 
24 % (afgerond)haastig te wees
2 % (afgerond)oningelig te wees
1 % (afgerond)deurmekaar te wees

Nog idiome en spreekwoorde kan aanlyn gekry word by: http://www.gesegdes.co.za/idiome/W1.html
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




TOTAALRESULTAAT:
56% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties