5068 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 26-05-2022 (vlak 1)



vorige toets 26 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 26-05-2022 só ingevul:



Ek wil bietjie biltong by die ........ gaan koop.


3 % (afgerond)slag-huis
2 % (afgerond)slag huis
2 % (afgerond)slaaghuis
94 % (afgerond)slaghuis 

ʼn Samestelling ("slaghuis") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("slag" en "huis") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Hiert! So 'n klein ........ kan seer byt!


5 % (afgerond)vlooikie
4 % (afgerond)vlooi'tjie
1 % (afgerond)vlooi'kie
91 % (afgerond)vlooitjie 

Die verkleinwoorde van woorde wat op "i", "o" of "u" eindig, maar waarvan die klank deel van 'n diftong vorm, kry nie afkappingstekens nie.
Sien ook die bladsy Afkappingsteken.




Ek is bevoorreg om elke oggend met die gesing en ........ van voëltjies wakker te word.


4 % (afgerond)geseur
3 % (afgerond)gesis
3 % (afgerond)gesanik
90 % (afgerond)getjirp 

Voëls tjirp, sing of kwetter.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.




Daar was gereeld ........ op my oupa se plaas toe ons daar gekuier het.


4 % (afgerond)Jakkalse
3 % (afgerond)Jakhalse
25 %jakhalse
68 % (afgerond)jakkalse 

Die gewone benamings van plante en diere begin met kleinletters. Hoewel die woord jakkals in Nederlands "jakhals" met 'n h gespel word, kry dit in Afrikaans twee k's. Ons sien nog die ou Nederlandse spelling soms in plekname soos Jakhalsdraai.
Sien ook die bladsy Dier- en plantname.




TOTAALRESULTAAT:
85% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties