3172 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 23-04-2024 (vlak 3)



vorige toets 23 APR Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 23-04-2024 só ingevul:



Die pakkie moet asseblief by die ........ afgelewer word.


2 % (afgerond)sakëadres
18 % (afgerond)sake adres
78 % (afgerond)sakeadres 
3 % (afgerond)sakeädres

Die deelteken word nie gebruik wanneer 'n "a" of 'n "o" voorafgegaan word deur 'n "e" wat tot 'n ander lettergreep behoort nie.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.




Hy is die ........ mens wat ek nog teëgekom het; hy wend geen poging aan om 'n werk te kry nie.



20 % (afgerond)mees werksku
13 % (afgerond)werkskuste
62 % (afgerond)werkskuuste 
4 % (afgerond)mees werkskuste

In die oortreffende trap van byvoeglike naamwoorde wat op “u” eindig, word die “u” verdubbel, byvoorbeeld “kruuste”, “ruuste”, “skuuste” (AWS 16.5). "Mees sku" volg nie die patroon van Afrikaans nie.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.




Die juwelier verkies om ........ in sy ringe te gebruik.


8 % (afgerond)opaals
86 % (afgerond)opale 
Opaals
6 % (afgerond)Opale

Die name van gesteentes en minerale begin met 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.




Wat noem ons iemand wat van Madagaskar kom?


55 % (afgerond)Malgas 
29 % (afgerond)Madagask
13 % (afgerond)Madagaskiaan
3 % (afgerond)Madagaskarter

'n Omvattende lys van name van mense wat afkomstig is van lande of stede is beskikbaar by www.woordelys.co.za.
Sien ook die bladsy Afleidings van eiename.




TOTAALRESULTAAT:
70% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties