14 JAN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 14-01-2025 só ingevul:
Die vroulik van "wolf" is ........ .
wolfin wolfwyfie wolvin wolfteef
Nog voorbeelde van vroulike vorme wat eindig op "-in" is: "vors" - "vorstin" "waard" - "waardin" "kelner" - "kelnerin"
Sien ook die bladsy Manlik/vroulik.
Daardie gekleurde waspoeier is sommer net 'n ........ dat mense meer daarvan moet koop.
foeffi foefie foeffie fofi
In woorde van eg Afrikaanse herkoms skryf ons die [i]-klank met “ie” (AWS 16.7).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
'n 747 ........ 'n groot vliegtuig.
Is is
As die eerste woord van 'n sin met 'n afkappingsteken begin (byvoorbeeld die onbepaalde lidwoord), word dié woord met 'n kleinletter geskryf en kry die daaropvolgende woord 'n hoofletter, tensy dit 'n syfer, getal, kleinletter of simbool is.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.
Jy moet ’n slag tot die huishouding ........ .
bydrae by dra by-dra bydra
Die woord "bydra" is ’n werkwoord; die woord "bydrae" is ’n selfstandige naamwoord.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)