2813 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 22-02-2024 (vlak 3)



vorige toets 22 FEB Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 22-02-2024 só ingevul:



My ma wéét hoe om ........ te maak.


10 % (afgerond)obliekies
1 % (afgerond)oëblietjies
5 % (afgerond)oblitjies
84 % (afgerond)oblietjies  

Oblietjies is bros, papierdun skyfies wat soos klein kunswerkies lyk. Die term “oblietjie” kom van die Latynse "hostia oblata". Die lekkerny het sy oorsprong tydens die Middeleeue gehad toe kerke nagmaal daarmee gevier het. Die meeste Suid-Afrikaners ken dit vandag as "brandy snaps", maar party verkies gemmerkraakrolletjie (Peter Veldsman se mooi vertaling). Bron: http://www.kossestorie.co.za/stories/resepte/oblietjies/
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.




In die tuin groei daar 'n pragtige ........ .


94 % (afgerond)affodil 
1 % (afgerond)affodul
1 % (afgerond)afoddil
4 % (afgerond)affoddil

Die konsonant wat volg op 'n kort vokaal word gewoonlik verdubbel.
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.




Die korrekte manier om die woord "slinger" af te kap is ........ .


3 % (afgerond)sli-nger
35 % (afgerond)sling-er
61 % (afgerond)slin-ger 

By woorde wat op 'n "ng"-klank afgekap word, kom die koppelteken tussen die "n" en die "g", byvoorbeeld "slin-ger".
Sien ook die bladsy Koppeltekens.




Ek sal die kwessie dadelik ........ sodat dit opgelos kan word.


37 % (afgerond)aanroer 
63 % (afgerond)aanspreek

"Aanspreek" is 'n anglisisme vir "address" en "aanroer" of "hanteer" is die korrekte woorde binne hierdie konteks.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




TOTAALRESULTAAT:
69% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties