2729 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 25-07-2024 (vlak 3)



vorige toets 25 JUL Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 25-07-2024 só ingevul:



Al die deure is toe, maar hierdie een is ........ ; dit is gesluit.


61 % (afgerond)toeër 
1 % (afgerond)meer toeër
36 % (afgerond)meer toe
2 % (afgerond)toër

Die meeste woorde in Afrikaans neem “-er” in die vergrotende trap en word nooit saam met “meer” gebruik nie.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.




Identifiseer die FOUT in die volgende sin:
Vandag bak ons kolwyntjies, polvyntjies, makrolletjies en skuimpies.


5 % (afgerond)kolwyntjies
7 % (afgerond)makrolletjies
2 % (afgerond)skuimpies
86 % (afgerond)polvyntjies 

Die korrekte spelling van "polvyntjies" is "polfyntjies". Dit is 'n fyn versierde koekie (volgens die HAT), maar kan ook verwys na 'n geskenkie of voorwerp wat herinneringe aan iets of iemand oproep (volgens die WAT). Moenie "polfyntjie" met "polvy" (verkleinwoord: "polvytjie") verwar nie; 'n polvy is die hak van 'n skoen.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.




Dis 'n volwaardige ........ wat op veiling is.


13 % (afgerond)stoet Jersey
4 % (afgerond)stoet jersey
56 % (afgerond)stoet-Jersey of stoetjersey 
26 % (afgerond)Stoetjersey of stoetjersey

In 'n eienaamverbinding wat optree as soortnaam en wat bestaan uit 'n nie-eienaamgedeelte ("stoet") gevolg deur 'n eienaamgedeelte ("Jersey"), word die nie-eienaamgedeelte met 'n koppelteken vas aan die eienaamgedeelte geskryf ("stoet-Jersey"). Indien eienaamverbleking plaasgevind het, kan die twee dele ook sonder koppelteken vas geskryf word ("stoetjersey").
Sien ook die bladsy Eienaamsamestellings.




Die ingewikkelde woordsom het Albert ........ besorg.


11 % (afgerond)hoofbrekings
45 % (afgerond)hoofbrekens of hoofbrekings 
42 % (afgerond)hoofbrekens
1 % (afgerond)'n hoofbrekening

Probleme wat besondere verstandelike inspanning verg, word "hoofbrekens" of "hoofbrekings" genoem. Dit is met ander woorde iets waaroor jy jou hoof as 't ware breek.
Die woord het nie 'n enkelvoudsvorm in Afrikaans nie.
Sien ook die bladsy Wisselvorme.




TOTAALRESULTAAT:
62% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties