2813 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 22-02-2024 (vlak 2)



vorige toets 22 FEB Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 22-02-2024 só ingevul:



'n Sinoniem vir die woord "vokaal" is ........ .


fokus
80 % (afgerond)klinker 
20 % (afgerond)stem

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het. In taalkunde is 'n sinoniem vir die woord "vokaal" 'klinker'. Die term "vokale" musiek beskryf musiek vir die 'stem'. Die woord "fokaal" verwys na fokus.
Sien ook die bladsy Sinonieme.




Bye word deur die geur van blomme ........ .


3 % (afgerond)aan gelok
geaanlok
97 % (afgerond)aangelok 

Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met “-ge-” (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.




Skilpad het vir ........ uitoorlê.


31 % (afgerond)hasie of Hasie
46 % (afgerond)Hasie 
23 % (afgerond)hasie

Indien soortname in 'n literêre konteks (byvoorbeeld in romans, gedigte, dramas, sprokies, kortverhale, fantasieverhale, folklore, bygeloof en dergelike) as eiename gebruik word, begin hulle met 'n hoofletter (AWS 9.3).
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.




Kinders van albei geslagte kan boelies wees, maar die frekwensie is hoër by seuns as meisies.
Wat is die woordsoort van "frekwensie" in bostaande sin?


22 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
9 % (afgerond)werkwoord
3 % (afgerond)voornaamwoord
67 % (afgerond)selfstandige naamwoord 

’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “frekwensie - die frekwensie – frekwensies”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




TOTAALRESULTAAT:
72% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties