Die “s”-verbindingsklank kom feitlik altyd voor waar die eerste woord in ʼn samestelling op “-ing”, “-skap”, “-heid” en “-(i)teit” eindig. Ander voorbeelde sluit in: “gemeenskapsforum”, “veiligheidshek” en “identiteitskrisis”. Woorde met verbindingsklanke word vas geskryf.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.
20 ........ het die partytjie bygewoon.
mense
Mense
Vermy dit sover as moontlik om 'n sin met 'n syfer te begin. As dit egter nie anders kan nie, word die eerste woord ná die syfer, getal of simbool met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.
Idioom: Onder die ........ van die nag.
donkerte sluier
beskerming
duisternis
Die idioom "onder die sluier van die nag", beteken 'onder die bedekking van die donker'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)