04 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 04-04-2024 só ingevul:
Marion vertel graag oor die tyd toe sy saam met haar broer ........ in Bolivië gaan soek het.
pekari's
pekarisse
pekaris
pekaries
Woorde wat op "i", "o", "u" of 'n beklemtoonde "a" eindig kry 'n afkappingsteken wanneer hy as 'n meervoud gebruik word. Die pekari is 'n soort wildevark wat tussen Texas en Paraguay voorkom.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Die offisier het nie die ........ korrek aangespreek nie.
kolonel
kolonêl
kolenel
kollonel
Hoewel vokaalverswakking plaasvind, word die "uh"-klank soms nog as "o" gespel ter wille van die Afrikaanse speltradisie.
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Liza speel 'n ........ op die klavier vir die boemelaar in die straat.
ʼn Samestelling (“slampamperliedjie”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“slampamper” en “liedjie”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word. Die woord "slampamper" word nie baie gebruik nie, maar beteken 'leegloper', 'niksnut' of 'iemand wat baie eet en drink'. (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die oplossing wat julle voorstel, is erg kwestieus. 'n Sinoniem vir die woord "kwestieus" is ........ .
opwindend twyfelagtig
beklemmend
kommerwekkend
Sinonieme is woorde wat min of meer dieselfde betekenis het. Die woord "kwestieus" word nie so dikwels gebruik nie en is nogal deftig. Bron: HAT6.
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)